Atlantis, Western Cape

Atlantis, Western Cape

Atlantis is a town in Western Cape, South Africa, roughly 40km from Cape Town. It has approximately 70,000 residents. The city suffers under high levels of poverty and unemployment. It was established during the Apartheid era as a community for Cape Town's Coloureds, in order to move them out of the city.

The government of the day attempted, in anticipation of the influx of people, to provide an employment base by instituting a program to encourage industry, through subsidies and other inducements, to locate there; this effort was not particularly successful.

The following extract on the "origin" of Atlantis and how it was created by the apartheid regime in the early 1970s, is from a thesis done in Afrikaans by a language teacher from Atlantis. The focus of the thesis is on language education and is an action research project on why the English-speaking residents (and learners) of Atlantis regarded themselves as superior or higher or more sophisticated than the Afrikaans people.

This experience is also evident in learner's attitude towards their teachers, fellow learners, their parents and life in general. It is as if their "Englishness" help them to do and become better and live better; although it is many times only an impression of this. The focus thus is on the power of Western Languages compared to indegenous languages

2.3.1. Die ontstaan van Atlantis Van die belangrikste redes vir die houding, ingesteldheid of persoonlikheid van sommige van die leerlinge kan moontlik gevind word in die politieke geskiedenis van hul ouers (kyk na Aanhangsel 1). Met politieke geskiedenis verwys ek veral na die redes vir die mense se vestiging in Atlantis. Na my mening was daar baie moontlike dryfvere vir mense se verhuising na Atlantis. Van die belangrikste redes was moontlik geleenthede vir werk en natuurlik 'n huis. Dan volg die beskikbaarheid van 'n skool of skole vir jou kinders. Dit is wat Atlantis vir mense veral van die Kaapse Vlakte gebied het. Deur die nuusmedia is mense na Atlantis gelok met groot beloftes van 'n snelgroeiende "stad".

Die uitnodiging om in Atlantis te kom woon, was veral gerig aan "kleurlinge" in die Wes-Kaap. Vandag woon daar mense van oor die hele Suid-Afrika, maar groot getalle mense is van die Noord-Kaap, Klein-Karoo en, die meeste mense natuurlik, van die Kaapse Vlakte in die groter Kaapstad-omgewing. Die primêre doel vir die ontwikkeling van Atlantis was om die "kleurlinge" uit die Kaapse metropolitaanse gebiede te hou (kyk na Urban Foundation, 1992:12-14). Deur 'n proses, wat desentralisasie genoem is, het die vorige regering nywerhede na afgeleë plekke gedesentraliseer of geskuif. Ook hierdie nywerhede is gelok deur subsidies van die staat. Baie ywerige en entoesiastiese entrepreneurs, hoofsaaklik blankes, het hulle besighede in Atlantis kom vestig.

Die inwonertal van Atlantis staan op ongeveer sewentigduisend mense (Out of Africa series, 1994:33). Omdat die inwoners gereeld verhuis en nuwe mense gereeld hul intrek neem,is dit moeilik om die presiese inwonertal vas te stel. As barometer kan ek ons skool as voorbeeld gebruik. Op 'n gereelde basis verlaat leerlinge die skool en word nuwe leerlinge van ander plekke ingeskryf. Van hierdie mense keer oor 'n paar maande weer terug na Atlantis en kom skryf net weer hul kinders by die skool in. Wat egter gerusstellend is, is dat ek ondervind het dat die inwonertal sedert 1990 geleidelik begin stabiliseer het. My afleiding maak ek op grond van die stabilisering van die leerlinggetalle by die skool.

Ek dink dit is vanselfsprekend dat die groot getal jongmense en die min afleiding of ontspanning wat die plek bied, aanleiding gee tot die hoë voorkoms van bendebedrywighede in Atlantis. Die lidmaatskap van 'n bepaalde groep, gee jongmense ook 'n mate van betekenis in hul lewens. Dit is ook my mening dat dit vir 'n groep makliker is om teen gesag te rebelleer as vir individue. Binne die groepe, dink ek, word jongmense (nadat hulle as lede aanvaar is) onvoorwaardelik aanvaar. Ten opsigte hiervan dink ek ook dat dit as teenvoeter dien vir die baie vereistes wat die samelewing vir uitsiglose jongmense stel.

Onderwysers word na my mening beskou as verteenwoordigers van die vereistes wat die skool, werk en samelewing aan jongmense stel. Jongmense wat dan onsuksesvol is om by die skoollewe aan te pas, sien nie hulself as "mislukkings" nie, maar blameer die stelsel wat onredelike eise aan hulle stel. My aanname is veral van toepassing wanneer mense byvoorbeeld onsuksesvol is in hul pogings om 'n geskikte werk te vind.

Werk in Atlantis word hoofsaaklik verskaf deur die openbare sektor en 'n paar groot industrieë (Urban Foundation, 1992:79). Die toename in entrepreneurskap is ook bemoedigend. Mense verkoop van daaglikse benodigdhede tot luukshede of verskaf 'n verskeidenheid dienste vir 'n inkomste. 'n Groot probleem wat onlangs ontstaan het, is die voorkoms van prostitusie onder skoolgaande kinders. Daar is gevind dat van die kinders se ouers weet van hul "werk", maar dat hulle nie veel kan sê nie omdat dit dikwels die enigste inkomste van die huishouding is. Daar is selfs meisies en seuns van laerskoolouderdom wat geïdentifiseer is as prostitute. Nog 'n kommerwekkende aspek is die hoë voorkoms van wan- en ondervoeding van kinders; veral laerskoolleerlinge is hieraan blootgestel. Die skole en private instansies se bydrae om die probleem te verlig, is egter prysenswaardig. Ook word 'n toenemende mate van mishandeling van vroue en kinders ondervind; dit sluit fisiese sowel as seksuele geweld in (Urban Foundation, 1992:45). Die mishandeling spruit uit die hoë voorkoms van geweld binne die gesin. Uit ervaring weet ek van baie skole wat projekte aanpak om die probleme onder jongmense in Atlantis aan te spreek; klinieke en werkswinkels word onder andere aangebied.

Wat onderwysvoorsiening in Atlantis betref (Aanhangsel 1), is daar vier hoërskole en twaalf laerskole. Die gemiddelde klasgroottes wissel tussen ongeveer 45 leerlinge in pre-primêre klasse en min of meer 35 leerlinge in junior sekondêre klasse. Senior sekondêre leerlinge is ongeveer 25 in 'n klas. Hierdie getalle vergelyk redelik goed met blanke skole (veral die senior fases). Van die gemelde probleme onder skoolkinders moet dan moontlik aan die swak sosio-ekonomiese faktore onder "kleurlinge" in Atlantis toegeskryf word.

Research on Atlantis done by a teacher from Atlantis in 1996/7 please contact harveyc@telkomsa.net

Downhill Adventures [http://www.downhilladventures.com] frequent the Dunes complex situated in the stunning 5 sqKm Nature reserve at Atlantis. The steep white sand dunes offer a perfect arena for sports such as sandboarding and quad biking.


Wikimedia Foundation. 2010.

Игры ⚽ Нужно решить контрольную?

Look at other dictionaries:

  • Western Cape — Wes Kaap (Afrikaans) Ntshona Koloni (Xhosa)   Province of South Africa   The P …   Wikipedia

  • Worcester, Western Cape — Worcester   Town   Top: Dutch Reformed Church. Center left: Slave bell. Center right: Old house on Russell Street built in 1836. Bottom: View of Worcester looking north east …   Wikipedia

  • Atlantis (disambiguation) — Atlantis is Plato s fabled lost island. Atlantis may also refer to: Contents 1 Places 2 Hotels and real estate 3 Vessels …   Wikipedia

  • Cape Town — For other uses, see Cape Town (disambiguation). Cape Town Kaapstad iKapa   City   …   Wikipedia

  • Cape-Town — Le Cap Le Cap Héraldique …   Wikipédia en Français

  • Cape Town — Le Cap Le Cap Héraldique …   Wikipédia en Français

  • Telecommunications in Cape Verde — Communications in Cape Verde. Telephones main lines in use: 72 764 (2011) Telephones mobile cellular: 496 900 (2011) Telephone system: general assessment: effective system, extensive modernization from 1996 2000 following partial privatization in …   Wikipedia

  • literature — /lit euhr euh cheuhr, choor , li treuh /, n. 1. writings in which expression and form, in connection with ideas of permanent and universal interest, are characteristic or essential features, as poetry, novels, history, biography, and essays. 2.… …   Universalium

  • List of casinos — A list of casinos.Antigua and Barbuda*St. James s Club Antigua in Mamora Bay *Casino Riviera in Runaway Bay *Grand Princess Casino in St. John s *King s Casino in St. John sAustraliaNew South Wales*Star City Casino (Sydney)Victoria*Crown Casino… …   Wikipedia

  • Melkbosstrand —   Neighborhood   Country  South Africa Province …   Wikipedia

Share the article and excerpts

Direct link
Do a right-click on the link above
and select “Copy Link”